

Koffie en Ken-mekaar netwerkgeleentheid
Van Washington tot Pretoria: Hoe ’n veranderende wêreldorde Suid-Afrikaanse besigheid vorm
Datum & Tyd
26 Feb 2026, 07:30 – 10:30
Centurion Golf Estate, Centurion Golf Estate, Centurion, 0046, South Africa
Oor die funksie
Pretoria Sakekamer nooi lede en sakeleiers uit na ons volgende strategiese netwerkgeleentheid, wat fokus op die ingrypende geopolitieke verskuiwings wat wêreldwyd afspeel en die direkte implikasies daarvan vir Suid-Afrikaanse besighede.
Tema:
Van Washington tot Pretoria: Hoe ’n veranderende wêreldorde Suid-Afrikaanse besigheid vorm
Internasionale gebeure, veral politieke en ekonomiese ontwikkelings in die Verenigde State, het verreikende gevolge vir handel, belegging, wisselkoerse en strategiese besluite in Suid-Afrika.
Paneelbespreking:
1. Professor André Duvenhage - Politieke Ontleder en Wetenskaplike