Pretoria Sakekamer doen ‘n beroep om hervormings in Tshwane Metroraad se finansiële bestuur en dienslewering
Die Pretoria Sakekamer, wat die besigheidsgemeenskap van Tshwane verteenwoordig, doen 'n dringende beroep op die Tshwane Metroraad om hervormings in finansiële bestuur, dienslewering en regulatoriese doeltreffendheid te implementer, en sodoende beleggersvertroue te herstel en 'n stabiele ekonomiese omgewing te verseker.